| die Uitverkiesing :Website Builder |
| Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing |
| Luister na die Woord |
|
Luister Na Die Woord Baie probleme ontstaan oor die begrip van die uitverkiesing in die Bybel omdat ons die Bybel met ons logiese menslike verstand wil verklaar terwyl die Skrif Goddelike logika is. Die mens met sy gebroke verstand kan dit wat daarin gesê word nie beheers nie. Ons kan ook nie elke saak wat in die Woord van God genoem word tot in die fynste besonderhede verklaar en ontleed nie. Liewer moet ons luister, en wel gehoorsaam en ootmoedig luister na wat die Here God daarin aan ons verkondig. Die Woord van die Here bied nie 'n uitgewerkte sisteem oor 'n verskeidenheid van sake nie, maar God verkondig daarin aan ons wat nodig is vir ons saligheid: Hy spreek ons aan en ons moet net luistsr. Ook ten opsigte van die uitverkiesing moet ons só na die Skrif luister as mense wat deur die Here aangespreek word en nie só asof ons as die wonderlike denkers nou kan kom kennis neem van wat die Here spreek en dan ons mening daaroor gaan lug en ons opvatting gaan weergee nie. Dan gaan ons dwaal en in allerlei strikke beland. Die grootste foute wat ten opsigte van die uitverkiesing gemaak is, is juis omdat mense met 'n bepaalde vooropgestelde denkpatroon na die Skrif gaan en dit dan wil uitlê en verklaar volgens daardie denkpatroon. Byvoorbeeld: Baie sê dat 'n sekere groep mense bestem is vir die verderf en daarom kan net 'n sekere groepie mense tot bekering kom. Wanneer ons met so 'n vooropgestelde idee na die Skrif gaan, sal ons begin dwaal. Die Woord van God laat hom nie in bepaalde denkvorme van die mens indwing nie - daarvoor is die Woord te ryk want dit is die Goddelike Woord. Daarom wil ons in hierdie uiteensetting probeer om net vir u aan te toon wat die Here God aangaande die uitverkiesing verkondig en nie vir u in 'n logiese sisteem die saak probeer inpas en verklaar nie. Die eerste waarheid wat ons tekswoord hier aan ons bekendmaak, is nl. dat die gemeente van verlostes geseën is met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus. Die seëninge waaraan die verlostes deel gekry het, is in Jesus Christus. En dan word met nadruk gesê: "Soos Hy ons in Hom uitverkies het . . . . " Hier word Christus ook as Middelpunt en grond van die uitverkiesing gestel.
|
| Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
